Vroue Bediening
“Kom wees deel van ’n gemeenskap van vroue wat saam lag, deel, bid en groei. Of jy nuut is of al jare saam met ons stap daar is altyd ’n plek vir jou aan ons tafel.”
Vir meer inligting Kontak:
Joozine Botha: 079 509 9185
Sonet Kotzee: 083 345 7676





Vroue aand 14 September 2026
Ons vroueaand was weereens 'n heerlike aand.
Ons het soos altyd 'n boodskap rondom die Woord gedeel en ook met mekaar gesels oor die "as" wat ons saam dra en soms nie wil laat gaan nie, ons het ook gekyk wat dalk die rede kan wees hoekom ons dit bly vashou. Die as wat ons saam met ons dra maak ons hand vol en dit kan verhoed dat ons die seëninge van die Here nie kan ontvang nie want ons hand is reeds vol. Ons moet laat gaan van dinge wat kan verhoed dat ons groei en vooruitgang beleef.
Ons het lekker gekuier, koffie gedrink, en geëet. Dankie vir elke dame wat daar was.
Baard Aande
Kuier elke tweede maand saam met ander manne. In ons Koffie Connect saal: 18:15





Baard Aand 07 September 2026
Baie dankie aan elkeen wat deel was van ons Manne Aand!
Dit was ’n lekker aand waar ons saam om die Woord gekuier het en mekaar herinner het dat wanneer ons swak is, is Hy sterk. Ons het gesels oor hoe die lewe ons soms kan laat val en hoe belangrik dit is om mense rondom ons te hê wat ons kan ondersteun, bemoedig en help om weer op te staan. As manne voel ons baie keer dat ons sterk moet wees vir ons families en vir die mense rondom ons. Maar ons hoef nie alles alleen te dra nie. God gee vir ons mense saam met wie ons die pad kan stap. Dankie aan elkeen wat die aand spesiaal gemaak het. Mag ons aanhou om mekaar te ondersteun, saam te groei en mekaar altyd terug te wys na die Een wie se krag groter is as ons swakheid.
"My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees” – (2 Korintiërs 12:9 Afr83)
"Community is the
best place to be."
"But if we walk in the light, as he is in the light, we have fellowship with one another, and the blood of Jesus, his Son, purifies us from all sin."
- 1 John 1:7

English Woman Ministry
“‘As iron sharpens iron, so one woman sharpens another.’ (Proverbs 27:17) Our Women’s Ministry is a place of connection, encouragement, and spiritual growth where every woman is valued and loved.”
For more information contact:
Jozine Botha: 079 509 9185
Wilna de Kock : 082 323 2060