Ons wil julle graag uitnooi om deel te wees van Prisma Ignite ’n groep vir ouers met voorskoolse en laerskool kinders (babas, kleuters en laerskool kinders).
Hierdie groep is ’n geleentheid om mekaar te ondersteun, saam te groei en deel te wees van ’n gemeenskap. Ons sal een keer per kwartaal bymekaar kom.


Op 22 Maart gaan ons ’n spesiale Gesinsdiens hê en ons nooi julle almal uit om deel te wees daarvan. Nooi jou Ouma,Oupa,boeties en Sussies saam. Na die diens gaan daar ’n springkasteel met ’n waterglybaan vir die kinders wees. Julle word ook genooi om ’n piekniekmandjie saam te bring om ná die diens saam met jou familie te geniet. Ons sal ook 4 braaiers beskikbaar hê. Vir die wat iets wil saambring om te braai is baie welkom.
Dit gaan ’n heerlike tyd van saam kuier as gesin. Ons hoop om julle daar te sien!
On 22 March we will be having a special Family Service and we would love for you to join us. After the service there will be a jumping castle with a water slide for the kids, and families are encouraged to bring a picnic basket to enjoy together. We will also provide braai stands , so anyone who would like to bring something to braai is more than welcome. It’s going to be a wonderful time of fellowship, family, and fun together. We hope to see you there!

Sy Kerk... My Kerk... Jou Kerk... His Church... My Church... Your Church...
Oor die afgelope drie weke het ons reeks ons weer herinner aan die skoonheid en belangrikheid van die kerk. Ons het stilgestaan by die prys wat Christus vir Sy kerk betaal het, die voorreg om deel te wees van ’n onvolmaakte kerk waar God steeds kragtig werk, en die belangrikheid van getroue pilare wat help om Sy huis te versterk en op te bou. Dit was ’n betekenisvolle reis wat ons weer herinner het aan wat dit beteken om deel te wees van Sy kerk.
Over the past three weeks, our series reminded us of the beauty and importance of the church. We reflected on the price Christ paid for His church, the blessing of being part of an imperfect church where God still moves powerfully, and the importance of faithful pillars who help strengthen and build His house. It was a meaningful journey of being reminded what it means to belong to His church.




Vroue Aand 2026 Eerste Vroue Aand vir die jaar.
Maandag aand se vroueaand...
Ons het gesels oor om gevestig te wees in God se woord. Bestaande "wortels" soos bid, Bybelstudie is dalk deel van ons lewens maar ons wil hulle sterker vestig en groei in God.
Ons het ook Bybelstudie metodes bespreek en gekyk hoe kan ons elkeen self hoor wat die Here vir ons persoonlik sê.
Vroueaand Afsluiting 2025 Womens Evening Closing 2025




Ons Vroueaand Afsluiting 2025
Wat ‘n spesiale aand saam met wonderlike vroue!
Ons het Kintsugi-kuns gedoen ‘n kunsvorm waar gebreekte stukke bymekaar gesit word met goue gom. Die breekmerke word nie weggesteek nie... hulle word uitgelig, mooier gemaak, waardevoller gemaak.
Dit is presies wat God met ons doen. Hy vat nie ons krake weg nie. Hy vul dit met Sy goud, Sy genade sodat ons juis daar kan skyn waar ons gebreek was.
Dankie aan elke vrou wat hierdie jaar deel was van ons reis. Ons sien uit na nog meer groei, geloof en genade in die nuwe jaar!
Ladies’ Year-End Celebration 2025
What a special evening spent with such wonderful women!
We created Kintsugi art a form of art where broken pieces are put back together with golden glue. The cracks are not hidden… they are highlighted, made more beautiful, and even more valuable.
And that is exactly what God does with us. He doesn’t remove our cracks. He fills them with His gold, His grace so that we shine the brightest in the places where we were once broken.
Thank you to every woman who has been part of our journey this year. We look forward to even more growth, faith, and grace in the new year!
Woensadag oggend Projek afsluiting 2025 Wednesday morning Project closing 2025
Wat ‘n wonderlike manier om ons Woensdag Oggend Projek vir die jaar af te sluit! Ons het ‘n spesiale Kersete saam geniet en kon ons groep seën met Kerspakkies vir Desember. ‘n Hartlike dankie aan elkeen wat ‘n Kers-emmer geskenk het en gehelp het om dit moontlik te maak. Ons is opreg dankbaar vir elkeen van julle!
What a beautiful way to close our Wednesday Morning Group for the year! We celebrated with a special Christmas lunch and were able to bless our group with Christmas hampers for December. A heartfelt thank you to everyone who donated a Christmas bucket and helped make this possible. We are truly grateful for each one of you!




Dankdiens 2025 Thanksgiving Service 2025




Dankdiens 2025 Vergeet, Onthou en Verwag
“Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.” Filippense 3:13 (AFR83) Ons Dankdiens was ’n tyd van aanbidding, nadenke en feesviering waarin ons God gedank het vir Sy getrouheid deur 2025. Saam het ons teruggekyk na waar Hy ons vandaan gebring het en vorentoe gekyk met geloof en verwagting vir wat God in 2026 gaan doen.
Thanksgiving Service 2025 Forget, Remember, and Expect “Brothers and sisters, I do not consider myself yet to have taken hold of it. But one thing I do: forgetting what is behind and straining toward what is ahead.” Phil 3:13 (NIV) Our Thanksgiving Service was a time of worship, reflection, and celebration as we thanked God for His faithfulness throughout 2025. Together, we reflected on where He has brought us from and looked ahead with faith and expectation for what God will do in 2026.
kinderhuis KERSPARTYTJIE 2025 Children's home Christmas party 2025




SCN Kerspartytjie-afsluiting 2025 (Supporting Children in Need)
Ons het Sondag ’n heerlike Kerspartytjie gehou vir die kinders van die JOI en BMH kinderhuise gehou. Dit was ’n dag vol vreugde, lag en feesviering. Baie dankie aan elkeen wat bygedra het en hierdie bederf moontlik gemaak het. Julle liefde en ondersteuning maak ’n werklike verskil in die lewens van hierdie kinders.
SCN Christmas Party Year-End Celebration 2025 (Supporting Children in Need)
On Sunday, we hosted a joyful Christmas party for the children from the JOI and BMH children’s homes. It was a day filled with laughter, celebration, and festive joy. Thank you to everyone who contributed and helped make this special treat possible. Your love and generosity are making a real difference in the lives of these children.
Kersangdiens 2025 CHRISTMAS CAROLS 2025
Kerssangdiens 2025
Ons Kerssangdiens was ’n aand om te onthou. Met piekniekmandjies in die hand het ons as gemeenskap bymekaargekom om saam Kersliedere te sing en die geboorte van Jesus Christus te vier.
Dit was ’n besondere aand gevul met vreugde, gemeenskap en die ware betekenis van Kersfees. Baie dankie aan elkeen wat deel was van hierdie spesiale geleentheid.




Christmas Carols Service 2025
Our Christmas Carols Service was an evening to remember. With picnic baskets in hand, our community gathered to sing Christmas carols together and celebrate the birth of Jesus Christ.
It was a special evening filled with joy, togetherness, and the true meaning of Christmas. Thank you to everyone who joined us and helped make this event so memorable.



