top of page

Vroue Bediening

Vroue Bediening

Ons vroue bediening is vir elke vrou. Ons het 'n plek vir elkeen. Ons leer by die jonger dames van meer moderne dinge en by ons wyser vroue kry ons weer wysheid wat ons nodig het wat met ervaring kom.

​

Ons kom eenkeer 'n maand op 'n Maandag aand bymekaar waar ons dan heerlik kuier, koffie drink en ietsie peusel. Ons spandeer tyd in God se Woord en doen ook Bybelstudie. 

​

Hier is plek vir jou by ons, sien jou by ons volgende vroue byeenkoms. 

Our Team

Afsluiting 14 November 2026

Vroue Afsluiting 14 November 2026

Ons vroue afsluiting was 'n geseënde oggend gewees. Janine van Niekerk het met ons kom gesels oor die twee koningkryke wat ons kan behoort. Die Here se koningkryk of die van die wêreld. 

​

Is die vrug van die Gees sigbaar en besig om te groei in ons of dra ons die dinge van die wêreld soos haat, woede ens. saam. Ons moet ook dan onthou dat daar nie 'n middel is nie. Dis die een of die ander en waar jy jouself bevind, dis wat sal groei in jou gees. 

​

Baie dankie vir elke vrou wat die oggend saam met ons kom kuier en verf het. Dit was heerlik om sommer net te kon onspan en kreatief te kon wees. 

​

Ons sien baie uit na 2027, ons vertrou die Here vir groot dinge!

​

Sien jou in 2027!

Volg ons op Facebook

© 2027 Prisma Gemeente

bottom of page