
Manne Bediening
Baard Aande by Prisma
Ons manne kom eenkeer elke twee maande op 'n Maandag aand bymekaar. Daar word dan lekker saam gekuier en geeët. Ons glo in verhouding bou en om 'n pad saam te stap.
1 Johannes 1:7 "Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde."
Ons spandeer tyd om die Woord en stig mekaar in die Woord, ons is 'n gemeenskap wat omgee vir mekaar.
Afsluiting 2 November 2026

2 November 2026
Ons manneaand afsluiting was 'n baie besonderse aand! Nie eers die storm kon die manne keer om te braai nie. Hulle was baie oortuig daarvan om hulle vure aan die brand te hou. Planne is gemaak en die braaiers was geskuif.
Na die lekker braaiery is daar geeët en toe tyd om die Woord spandeer. Die boodskap wat gedeel was met die manne se tema was:
Maak gereed om saam met perde te hardloop.
Jeremia 12:5
Ons sien uit na 2027! Jy is welkom om by ons in te skakel. Ons vertrou die Here vir deurbrake en planne wat Hy saam met ons gaan help bou.
Volg ons Facebook blad













